Pret op die podium

Om te praat is pret. Dit hoef nie in ’n nagmerrie te ontaard om met selfvertroue voor mense te praat nie.


Om te praat is pret. Dit hoef nie in ’n nagmerrie te ontaard om met selfvertroue voor mense te praat nie.

Heinrich Loock en Ernst Kirsten van Paarl Primêre Seunskool het dit vanjaar bewys toe hulle hulleself op verskillende terreine as bekwame sprekers onderskei het.

Ernst Kirsten (hoofseun) was vanjaar tweede in die graad 6-7 kategorie van die ATKV-finaal. Ernst moes ’n voorbereide toespraak lewer waaraan hy sedert Februarie kon oefen. Die kaf is egter van die koring geskei met die voorbereiding en aanbieding van die onvoorbereide toespraak. Leerders kry ’n onderwerp en bronne en moet dan binne 90 minute ’n toespraak skryf, leer en aanbied met dieselfde vaardigheid as die voorbereide toespraak.

Op 21 Mei vanjaar het Heinrich (Hereraadslid) geskiedenis gemaak toe hy as – waarskynlik die jongste motiveringspreker in die wêreld – sy debuut gemaak het deur by die Drakenstein Sakekamer se ledevergadering op te tree.

Heinrich het vir hierdie geleentheid sy eie toespraak geskryf met die onderwerp: Kinders moet grense hê. Hy tree tot aan die einde van hierdie jaar by verskillende geleenthede op, onder andere by Paarl Primêre Seunskool se kultuuraand op Woensdag 6 September en Hoekstra Fruit Farms se kleuterskool kersfunksie in November. Heinrich is ook genooi om in die eerste week van die vierde kwartaal motiveringspraatjies vir die laerskoolkinders op die plase te lewer. Verder gaan hy ook volgende kwartaal vir vyf middae saam met die tutor die laerskoolkinders op die Hoekstra Fruit Farms met hulle huiswerk help. Hierdie knaap gaan betrokke raak by die kinders op die 12 plase in die maatskappy. Planne vir praatjies vir 2018 is nog in ’n beplanningsfase.

Albei leerders is begelei en afgerond deur Carolina van der Westhuizen van Kans!vatter.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.