Wynliefhebbers en natuurentoesiaste kan uitsien na die 2023-weergawe van die geliefde Fairview Goat Run en liefdadigheidsgeleentheid wat op 21 Oktober by Fairview Wynlandgoed plaasvind.

Hierdie jaarlikse geleentheid maak voorsiening vir deelnemers van alle ouderdomme en fiksheidsvlakke en bied drafroetes van 28 km, 15 km, 8 km en 5 km langs die pragtige en ikoniese Paarlberg aan, sowel as ’n 5 km-pretstap.

Daar is ook die Daniel & Vriende stoot-stap-vorentoe van 5 km vir diegene in ’n rolstoel of ouers met kinders in ’n stootwaentjie. Die deelnemer wat die rolstoel of waentjie stoot, hoef nie te betaal nie.

Boonop word inskrywingsfooie vir die Goat Run aan liefdadigheidsorganisasies geskenk wat finansiële hulp dringend nodig het.

Daarby kry deelnemers vanjaar weer die beste goodie bag nog!

Drawwers en stappers kan ’n ware bederf van ’n roete verwag, wat van die wingerde deur die fynbos begroeide hange tot by die boonste dele van die Paarlberg-natuurreservaat klim. Die roete maak voorsiening vir alle vlakke hardlopers, maar vir die meer avontuurlustige “bokdraers” sluit die uitdagende 15 km- en 28 km-opsies die bestyging van die alombekende Paarl-rots in.

Pryse wissel tussen R700 en R250, terwyl die Daniël en Vriende-kategorie R150 is. Deelnemers sal ’n snuistery-sakkie en T-hemp ontvang en kinders tot die ouderdom van agt jaar stap gratis, maar kry nie ’n sakkie nie.

Toeskouers en deelnemers kan uitsien na verskeie lekkernye op die dag, insluitend musiek en skattige “bokkinders”, en kan soos altyd na Fairview of die nabygeleë Spice Route gaan vir lekkernye wat wissel van wyn, kaas en patisserie-lekkernye tot sjokolade, biltong en bier.

Alle soorte eet- en drinkgoed, insluitend Goats do Roam- en Fairview-wyne en plaaslik gebroude bier, sal aangebied word.

Afstande en wegspringtye:

28 km om 07:30; 15 km om 08:00; 8 km om 08:15; 5 km-hardloop om 08:30; 5 km-pretstap om 08:45. ’n Spesiale klas, Daniel & Vriende – Push stoot-stap-vorentoe 5 km, maak voorsiening vir gestremde kinders en volwassenes en sluit ’n T-hemp vir die gestremde deelnemer in.

Inskrywingsfooie:

28 km – R700; 15 km – R450; 8 km – R300; 5 km-hardloop – R250; 5 km-pretstap – R200 (kinders tot 8 jaar sal gratis stap, maar kry nie ’n snuistery-sakkie nie).

Begunstigdes van die Goat Run is die Drakenstein-hospies, die Sonneblomfonds, die Daniel-en-Vriende-fonds asook die Jurie du Toit-outismesentrum.

. Besoek entryninja.com vir inskrywings.

You need to be Logged In to leave a comment.