Welgeleë Plein het ook die dienste van ’n vriendelike tandarts vol energie.
Die praktyk is kindervriendelik en maak spesifiek voorsiening vir pasiënte met ’n vrees vir tandartse of met spesiale behoeftes .
Dr. Whiting se dienste is egter nie beperk tot hierdie groepe nie, almal kan baatvind daarby. Die praktyk beskik oor laggas (bewuste sedasie), elektronies beheerde inspuitings en kleiner, dunner x-straal plaatjies, alles vir die gerief en gemak van die pasiënt sodat tandartsbesoeke so normaal as moontlik kan verloop en geensins traumaties hoef te wees nie.
Dr. Whiting en haar assistent, Jacky Theron, se missie is om ’n praktyk van gehalte te vestig en wat teen markverwante tariewe sal fokus op voorkomende tandheelkunde vir gesinne en toegewyde tandheelkunde vir die kinderpasiënt en pasiënt met spesiale behoeftes. Dit is hul wens dat mense hul vrees vir tandartse sal oorkom en tandheelkundige hulp kan ontvang.
Besoek hulle gerus by Winkel 19, Welgeleë Plein, Wellington.