Die hoof van Drakenstein-munispaliteit se parke en obenbare terreine, botanis Portia Bolton, staan hier trots op een van die mooi verkeersirkels in die Paarl wat met fyn tuinboukunde verfraai is. By haar is haar span wat knap werk om die gebied mooi te maak. Portia, onder wie onder meer die Paarlberg-reservaat en Arboretum val, se missie is om Paarl botanies te verfraai en om dit nog verder uit te brei met mooi plante en boom lanings, sodat sowel inwoners as besoekers verras word met ’n “wow”-faktor as hulle in die dorp ry.Foto: Lise Beyers


Pragtige Paarl se parke in volle blom

You need to be Logged In to leave a comment.