Postnet Paarl het onlangs die verskuiwing na sy nuwe perseel gevier. Postnet bied ’n verskeidenheid dienste aan, waaronder fotokopie-dienste, ’n koerierdiens en verskeie digitale dienste, en verkoop ook skryfbehoeftes en meer. Besoek Postnet gerus by Hoofstraat 263, waar die ou Paarl-markie was. Agter, van links, is Bronwyn Du Plessis, Charlese Jones, Liezl Stevens, Sonicke Grootetjie, Andréa Erasmus, Alvina Paulse, Alize Bredell, Chantel Swart, Chrisna Toerien en Clint Julies. Voor is Rubené Geduld, Lorné Martin, Kadé Abrahams, Whitney Snyders en Wilma Louw (eienaar).