Die polisiebeampte was alleen in die voertuig toe dit op die R44 naby Klapmuts gerol het. Foto: Verskaf


Die wrak van ’n polisievoertuig wat Dinsdagmiddag op die R44 naby Klapmuts gerol het, was skokkende getuienis van ’n gru-ongeluk wat verbasend geen ernstige beserings opgelewer het nie.

’n Woordvoerder vir die Klapmuts-polisie, sers. Madilyn Dombas, sê geen ander voertuie was by die ongeluk betrokke nie.

“Daar was slegs een polisiebeampte van die teenbende-eenheid in die polisiewa toe die voertuig gedurende die namiddag naby die Fairview-afdraai omgeslaan het.”

Die polisiebeampte het na bewering beheer oor die voertuig verloor, wat veroorsaak het dat die voertuig rol en op sy dak tot stilstand gekom het.

“Hy was vanuit Wellington se rigting afkomstig. Die polisiebeampte het gelukkig geen ernstige beserings opgedoen nie,” bevestig Dombas.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article