Die polisievoertuig waarin die beweerde polisielid gery het toe hy teen die motor van ‘n Paarlse motoris gebots het. Foto: verskaf

‘n Voorval waarby ‘n polisiebeampte van Kaapstad, wat na bewering in Mbekweni woon, glo betrokke was, word tans deur die Paarl-polisie ondersoek. Dit volg nadat die beampte na bewering onder die invloed van alkohol was toe hy met ‘n diensvoertuig teen ‘n Drakenstein-inwoner se motor gebots het.

Volgens ‘n ooggetuie het die polisiebeampte, wat vermoedelik ‘n sersant by Khayelitsha se taktiese reaksiespan is, op 15 Junie ‘n klipgooi van die Dal Josafat-atletiekstadion af in ‘n motor, wat personeel vervoer het, vasgejaag het.

Die botsing het ongeveer 21:00 op Jan van Riebeeckrylaan plaasgevind, sê kapt. Basil Seekoei, ‘n woordvoerder van die Paarl-Oos-polisie.

Die Paarl-inwoner se motor waarin die polisievoertuig, na bewering, vasgejaag het. Foto: Verskaf

Die polisiebeampte het van agter teen die motor gebots en aansienlike skade aan die motor sowel as die diensvoertuig aangerig.

Volgens die ooggetuie is die polisielid “onder die invloed van alkohol op die toneel gevind en [hy] was baie onbeskof en het op die eienaar van die voertuig gevloek”.

Die Paarl-Oos-polisie het nie die bewering bevestig nie.

You need to be Logged In to leave a comment.