Die Groot Drakenstein-polisie het op 3 Februarie drie verdagtes tussen 29 en 36 jaar oud weens kabeldiefstal en huisbraakgereedskap in hul besit in hegtenis geneem. Volgens sers. Charlene Pietersen, ’n woordvoerder van die Groot Drakenstein-polisie, kom twee van die verdagtes van die Meerlust-plakkerskamp en die ander van Brickfields in die Paarl. Die hardwerkende beamptes wat met die inhegtenisneming gehelp het by die goedere wat in die verdagtes se besit gevind is, is sers. Shaun Jacobs, AO Colin Adams, sers. Rosaline Links, sers. Peter Festus en konst. Johan Bosman.

Credit: SYSTEM

Polisie vat kabeldiewe vas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article