Die Groot Drakenstein-polisie is op soek na familie van Avril Fredericks, of enigiemand wat hom geken het.
Volgens Charlene Pietersen, Groot Drakenstein se polisiewoordvoerder, is Fredericks op 14 Desember 2021 in die Paarl-hospitaal oorlede. “Hy het op die plaas Watervliet in Simondium gewoon,” voeg Pietersen by.
Enigiemand met inligting oor waar Fredericks se familie hulle bevind, kan speursers. Fabian van Riet by 079 894 1721 kontak.
- Groot Drakenstein police are looking for the family, or anyone who knows the family, of Avril Fredericks.