Die polisie is op die toneel waar ‘n leidraad opgevolg word. Foto: Rasaad Adams

‘n Liggaam, wat in ‘n vlak graf gevind is, is omstreeks 16:00 Maandagmiddag opgegrawe terwyl familie- en gemeenskapslede na ‘n vermiste tiener van Paarl-Oos gesoek het.

Dit identiteit van die persoon op wie se liggaam afgekom is kon nie teen die tyd van hierdie plasing bevestig word nie.

Dié ontdekking volg op ‘n leidraad waarop Paarl-Oos-polisie reageer het in die ondersoek na die vermiste Channelle Plaatjies (16).

Familie- en gemeenskapslede het tydens ‘n soektog na die tiener, op ‘n gat afgekom langs die Allandale-gevangenis waarin ‘n skoen gevind is wat vermoedelik aan Plaatjies behoort.

Plaatjies, van Smartie Town in Paarl-Oos, word reeds drie weke vermis.

Paarl Post se verslaggewers Chantélle Hartebeest en Rasaad Adams is saam met familie- en gemeenskapslede op die toneel waar polisie en forensiese deskundiges dit fynkam vir verdere leidrade.

You need to be Logged In to leave a comment.