Die Groot Drakenstein-polisiekantoor doen ’n beroep op inwoners om na vore te kom indien hulle inligting het oor die volgende sake wat die kantoor onder­soek. Mense met inligting kan 021 874 8000 skakel.. Menslike oorskot, onder andere beendere, is op 13 Junie om 11:45 naby die Meerlust Bosbou- informele nedersetting buite Simondium gevind. Mense met inligting hieroor kan die kantoor skakel.. Iemand het op 12 Januarie 2023 op die Boschendal-wynlandgoed inmekaar gesak en is oorlede. Kontak die Groot Drakenstein-polisiekantoor.. Iemand is op 16 April 2023 om 01:30 in Katstertstraat, Lanquedoc, doodgery. Enigiemand met inligting oor die voertuig wat die oorlede getref het, kan die kantoor kontak.. ’n Pasiënt wat op die Watervliet-plaas in Simondium gewoon het, is op 15 Desember 2021 om 08:00 in die Paarl-hospitaal oorlede. Iemand wat die oorledene geken het, kan die kantoor kontak.. Iemand by Disastraat 335 in Lanquedoc het op 4 Julie 2019 gif gedrink. Mense met inligting oor die oorsprong van die gif kan na vore kom.. ’n Voetganger het op 5 Mei 2019 om 21:55 by Hoofstraat 25, Lanquedoc, inmekaar gesak en gesterf. Enigiemand met inligting oor die voorval kan die kantoor kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.