Ek sien nou die dag die mooi foto in Paarl Post van die sirkel by Jan van Riebeeckrylaan en Markstraat. Die sirkel by die Mall is ook baie mooi wanneer die rose so mooi blom.
Maar steeds is daar vele kern- munisipale terreine wat erg vervalle en vol onkruid is. Kyk byvoorbeeld na die middelman op die R45 tussen die N1-brug en Simonsvlei. Hierdie pad word baie deur besoekers ens. gebruik, maar die middelman is toe onder die onkruid.
Dit is ook dieselfde reg voor die deur van die munisipaliteit by Bredastraat.
Maak asseblief mooi hier – dit lyk nie goed vir die beeld van die Paarl nie.

