’n Cinsault van die Wellingtonse wynlandgoed Welbedacht is vanjaar se top-Terroir Cinsault. Nie net het Welbedacht Bakleiblok 2022 met die louere weggestap nie, maar Bakleiblok het ook dubbel-platinum gewen by vanjaar se Nasionale Wynuitdaging. Die wyn word gemaak van druiwe van ’n enkelwingerdblok op Welbedacht wat in 1990 geplant is. Op die foto is Welbedact se wynmaker, Christiaan Nigrini, in die Welbedacht- wynkelder.Foto:


Die uiters gesogte SA Terroir-trofee vir die top-wyn uit al die inskrywings van alle style en kultivars is vanjaar aan ’n vyf jaar oue Cabernet Sauvignon uit Stellenbosch toegeken, die Alto Cabernet Sauvignon 2018. Hierdie landgoedwyn is as die algehele wenner aangewys uit die 264 wyne wat beoordeel is vir die eksklusiewe SA Terroir Wyntoekennings.

Die 2023 SA Terroir Wyntoekennings se top-presteerder met die beste gehalte inskrywings is Rietvallei Landgoed in Robertson, wat daarmee ook die meeste top- landgoed-geproduseerde wyne opgelewer het.

Rietvallei het die SA Terroir-trofee vir die top-produsent verower en ook vir die derde jaar agtereenvolgens met die trofee vir die top-landgoed weggestap. Hulle het twee nasionale wenners opgelewer, naamlik die Rietvallei JMB Cabernet Franc 2019 en die top- rooi versnit, die Rietvallei Estéanna Cabernet Sauvignon/Cabernet Franc 2019, asook ses areawenners in die Robertson-distrik.

Terselfdertyd kom vanjaar se top-enkelwingerdwyn uit die Elgin-wynterrein – ’n houtverouderde Chardonnay. ’n Enkelwingerdwyn is die mees egte uitbeelding van ’n terrein-gedrewe wyn uit ’n spesifieke grond en klimaat. Altesaam 66 enkelwingerdwyne is vanjaar beoordeel en die SA Terroir-trofee vir die top-enkelwingerdwyn is aan die Almenkerk Chardonnay 2020 toegeken.

Die SA Terroir-trofee vir die top-area is aan die Malmesbury-wyk in die Swartland toegeken.

Die vyf SA Terroir Wyntoekennings-trofeë wat toegeken is, het vanjaar uit vier verskillende wynterreine in die Kaapse Wynland gekom, naamlik – Malmesbury, Robertson, Stellenbosch en Elgin.


Die
2023 nasionale wenwyne vanuit die Drakenstein-vallei is:



. Gesertifiseerde Erfenis-wingerdwyn 2019,

Old Road Wine Co. Stone Trail Chenin Blanc;



. Cinsault 2022 Welbedacht Bakleiblok
;



. Pinot Noir 2020 La Vierge Apogée
; en



. Pinotage 2020 Doolhof Single Vineyard

You need to be Logged In to leave a comment.