Letreace Scholtz, ’n onderwyser by die Dorothea Spesiale Skool in Stellenbosch, het die tweede plek in positiewe bydrae tot spesialebehoefte-onderrig behaal. Scholtz het gesê sy het die nuus verlede Vrydagaand by ’n byeenkoms wat deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement gereël is, gekry. Die oomblik toe Scholtz Vrydagaand haar naam op die skyfievertoning sien, het sy besef sy het die top-drie gehaal en gedink “wow, dit is ’n trotse oomblik”. Sy hou skool in die autisme-eenheid van die Dorothea Spesiale Skool, en woon in die Paarl.Foto: Letreace Scholtz/Facebook


Plaaslike onnie naaswenner in spesialebehoefte-onderrig

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article