Oud-Boishaaier en gesoute Springbok, Frans Malherbe, het Saterdag vir die 54ste keer in die groen-en-goud uitgedraf, in hul toets teen Argentinië (Poemas). Boonop het hy ’n puik vertoning gelewer met die Sondagkoerant Rapport se rugbydeskundiges wat hom 9 uit 10 punte gegee het. Malherbe se spel is as die beste skrumvertoning van ’n Bok-vasskopstut in jare beskryf. “Niemand skrum Frans in trurat nie”. Kurt-Lee Arendse (regs), ’n oud-leerder van Paulus Joubert Sekondêr in die Paarl, het ook sy merk in Saterdag se laaste toets gemaak toe hy ’n drie gedruk het. En die nuweling-sensasie in Springbok-geledere, die bloedjong Canan Moodie (heel regs), ’n oudleerder van Boland Landbouskool en ’n boorling van die Paarl, is ook geprys vir sy baie goeie spel in die toets met ’n puntetoekenning van 8: “Hy het een van die belangrikste duikslae in die sesde minuut uitgevoer, so ook in die 43ste minuut.” Foto:
Plaaslike Bokke bo
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.