Pionierskool het ’n ruim skenking van beskermingsdrag van Viewprotect ontvang. Die maatskappy het ’n Covid-19-fonds gestig nadat hy agtergekom het die Covid-19-pandemie gaan ’n reuse-impak op die gemeenskap maak. Dit is waarom die maatskappy besluit het om die geld te gebruik om behoeftige mense te help. “Ons het 200 gesigskerms vir al ons personeel, leerders en koshuispersoneel ontvang. Viewprotect het ook hoedjies met skerms vir die gr. R-leerders gegee en staanders vir ontsmettingsmiddel,” vertel die bemarker van Pionierskool, Elizma Berlyn. Die maatskappy het reeds ander skole in die Wes-Kaap vir siggestremde en dowe leerders gehelp. Viewprotect nooi graag mense om aan hul fonds te skenk. By die oorhandiging is, agter, Miemie Reynolds (Pionierskool), Este Munnik (Pionierskool), Eduard Ross (bemarkingsbestuurder van die Wes-Kaap), Marius de Villiers (besturende direkteur), Carly Piater (leerder), Adolf Piater (SBL-voorsitter) Johan Pienaar (SBL-ondervoorsitter). Voor is Walter Pienaar (leerder). Vir nog inligting oor hoe om te skenk, besoek www.viewprotect.co.za. Foto: