Die geliefde leerkrag en sportomroeper van die Paarl Peter Daniels, is dood nadat hy ’n weke lange stryd met Covid-19 gevoer het.
Daniels is byna drie weke gelede in Mediclinic Paarl opgeneem met mediese komplikasies nadat hy Covid-19 opgedoen het.
Hy het hierna in ’n koma verval. Daar was egter vroeër hierdie week hoop toe hy kortliks sy bewussyn herwin het, maar sy toestand het gister weer verswak. Hy is omstreeks 04:30 vanoggend (25 Julie) oorlede.
Daniels was ’n onderwyser by Paarlzicht Primêr Skool.
Hy was baie betrokke by talle sportkodes, maar was veral baie lief vir fietsry en het vir baie jare rol gespeel as omroeper by die bekende Boxing Day-sportdag op Faurestraat in die Paarl.





