Lui die somer en die feestyd in by Perdeberg se jaarlikse Familiefees, met vermaak en eet- en drinkgoed vir klein en groot.


Die somer is hier en dit is tyd om die vere reg te skud vir die feestyd. Daar’s seker geen beter manier om die seisoen in te lui nie as by Perdeberg se jaarlikse Gesinsfees, wat vanjaar op Saterdag 2 November by die wynmakery se ruim, skaduryke Vrygunsplaas plaasvind.

Alles word gedoen om hierdie ’n ware gesinsfees te maak. Terwyl die kleingoed besig gehou word met prettige bedrywighede soos gesigverf, ’n springkasteel, water-ritte, pedaalkarre, kleintreinritte en ’n borrelhuis, kan die volwassenes ontspan en hulself verlustig aan ’n glas Chenin Blanc en luister na die klanke van Len Muller, Slip Jam en Michael G.

Kosstalletjies sal toesien dat die hongerpyne verlig word op ’n dag van puik kos, wyn en musiek. Pizzas, burgers, chip-’n-dip, kaasborde, soesji, roomys en veel meer sal beskikbaar wees om aan te smul, terwyl die dors geles word met Perdeberg se stil- en vonkelwyne. Slushies en koeldrank sal verseker dat die jongklomp nie dors ly nie.

Die kaartjiepryse vir die gesinsfees is soos volg: Standaard-toegang teen R220 per persoon – sluit toegang, komplimentêre wynglas en proeë in;

Aangewese bestuurder-toegang teen R120 per persoon – sluit slegs toegang in; en

Kinders onder 18 betaal R80, terwyl die kleingoed jonger as 2 gratis toegang kry.

Voorafbestelde piekniekmandjies vir twee is beskikbaar teen R290.

. Besoek www.webtickets.co.za vir besprekings.

Volg Perdeberg Wines op Facebook en Instagram vir die jongste nuus oor die familiefees.

. Twee gelukkige Paarl Post-lesers kan elk ’n dubbelkaartjie na die fees wen. SMS die naam van die wynkelder waar die fees gehou word na 066 484 3728. Die wenners sal op 30 Oktober aangekondig word.

You need to be Logged In to leave a comment.