Aksiebelaaide skolerugby soos min is Saterdag (20 Mei) in Faurestraat-stadion ervaar toe die Chester Williams Izibane-Klein Nederburg-7’s-toernooi plaasgevind het.
Skole uit die hele Drakenstein asook Franschhoek en Stellenbosch het hier kragte gemeet.
Na afloop van die toernooi is Paulus Joubert Sekondêr se seuns- sowel as meisiespanne as algehele wenners aangekondig. Die uitslae is soos volg:. Halfeindrondte 1: Paulus 24 NOSS 17. Halfeindrondte 2: Bergrivier 21 Groendal 17; .Plaat-eindrondte: Klein Nederburg 19- Kylemore 10; . Meisies Beker-eindrondte: Paulus Joubert 24- Charleston Hill 5. KN 7’s Beker-eindrondte: Paulus 24-Bergrivier 19


