Die Laerskool Paulus Joubert se jaarlikse 7’s-toernooi in samewerking met Izibane is onlangs op die skool se sportterrein beslis. Altesaam 10 skole het aan die toernooi deelgeneem. Die o.13-rugbyseuns van Paulus is as die 7’s-wenners gekroon. Agter van links is Bennie Lendoor, Brad Efrraim, Davin Titus en die skoolhoof, Kenneth Uren. In die middel is Ethan Daniels, Quade Smith, Jayden Plaatjies, Carlyle Claasen (k), Zaheer Daniels, Marley September en Garryn White. Voor is Ashwin Johannes, Storm Samuels, Cole Truter, Liam Petersen en Jayden America.