Die Laerskool Paulus Joubert is een van 50 skole in die provinsie wat drie jaar gelede as ’n loodsskool vir die Funda Wande-projek gekies is. Die projek is deel van die kurrikulumprogram in die grondslagfase. Die skoolhoofde is onlangs tydens ’n spoggerige geleentheid, wat in Sky Hotel in Kaapstad gehou is, vir die positiewe bydrae wat die skole tot die projek lewer, vereer. Van links is die trotse leiers van Paulus Joubert met ’n sertifikaat wat hulle namens die skool ontvang het. Links is Sylvia Matthee (adjunkhoof) en by haar die skoolhoof, Kenneth Uren, met die sertifikaat. Die skool vier vanjaar sy 65ste bestaansjaar.