Paulus Joubert: Staptog vir Kyle

Laerskool Paulus Joubert nooi alle oudleerders en die gemeenskap om deel te neem aan hul stapwedloop op Saterdag 17 September om 08:00.


Laerskool Paulus Joubert nooi alle oudleerders en die gemeenskap om deel te neem aan hul stapwedloop op Saterdag 17 September om 08:00.

Die skool hou dit as ’n geldinsameling ten bate van Kyle Adams, ’n gr. 7-leerder, asook vir nog leerders by hul skool wat ernstig siek is.

Adams is vroeër vanjaar met beenkanker gediagnoseer en is baie dapper. Die kanker het later versprei, dermate dat sy linkerbeen geamputeer moes word. Hy is ’n inspirasie vir almal, want hy kla nooit oor sy omstandighede nie. Hy droom ook daarvan om verder te studeer, ongeag sy omstandighede.

Toegangsgeld beloop R10 en R5 (laerskoolleerders). Pryse kan ook hier gewen word. Kom ondersteun die “Stap vir Kyle”, want die geld gaan vir ’n goeie doel.

Vir navrae, bel die skool by 021 862 3690.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.