Die o.19-netbalspan van Paulus Joubert Sekondêr het onlangs goed gevaar by die Fair Cape-netbaltoernooi wat by die Hoër Meisieskool La Rochelle gehou is. Die meisies het hul wedstryde teen Groendal Sekondêr en New Orleans Sekondêr gewen. Van links is Sammy-Lee Williams, Jamie-Lee Brown, Keisha Williams, Maurice Abrahams, Nazrie Jacobs, Lionel Fortuin, Raeeza Davids en Lorean Botha. Hul pragtige nuwe netbalklere is deur NTT Volkswagen Paarl geborg.


Paulus Joubert se netbalspan op dreef

You need to be Logged In to leave a comment.