Die Laerskool Paulus Joubert se onderwysers het hul jaarlikse Geesvang-dag gehou, waartydens die onderwysers self skoolklere aangetrek het. Die onderwysers was uitgevat soos die leerders in hul klasse. Op die foto pronk ’n paar van die onderwysers in hul geesvang-skooldrag. Agter, van links, is Brad Ephraim en Graham Fortuin. Middel: Zandre Berling, Clarice Arendse, Carmen Pietersen, Anthea Riffel, Amy Anderson en Kelly Shay Andries. Voor: Misha Stroebel, Brynn Jansen, Porchia Adams, Michaela-Jane Uren en Zandrey Gertze.