Die Laerskool Paulus Joubert onderneem jaarliks ’n toer na George, met etlike onderwysers wat hul tyd tydens die skoolvakansie opoffer om die skool se leerders te begelei en te bemagtig. Hulle het hulle vanjaar weer uitstekend van hul taak gekwyt. Agter, van links, is Michaela-Jane Uren, Sylvie Matthee (adjunkhoof), Francios Fransman, Godfrey Gertze (adjunkhoof), Magdalene Barron, Daphne Snyders, Veronique Rhode en Kenneth Uren (skoolhoof). Voor is Brad Ephraim, Zandrey Stroebel en Mischke Stroebel. Afwesig: Wilma West.