Paulus Joubert-atlete deur na Boland Sentraal-byeenkoms

Paulus Joubert-atlete deur na Boland Sentraal-byeenkoms

Die Laerskool Paulus Joubert se atlete het verlede Saterdag aan die Paarl Sone-atletiekbyeenkoms by die Dal Josafat-stadion deelgeneem. Die atlete het in hul onderskeie sportkodes uitgeblink en sal weer Maandag (17 Februarie) by die Boland Sentraal-atletiekbyeenkoms meeding. Agter, van links, is Carnon Williams, Kayshan Andries, Meqhuen Oktober, Xavier Sauls, Chadley Swarts, Divandré Matthews en Clinton Mayekiso. Voor: Trishan Block, Chloë Coetzee, Luchon Anderson, Kohli de Kock en Saskia la Douce.