Die Laerskool Paulus Joubert is trots op sy atlete wat in die atletiekseisoen goed gevaar het. By die Boland-kampioenskap het Saskia la Douce, Xavier Sauls, Luchon Anderson en Carnen Williams hulself verskeie kere op die atletiekveld bewys. Boonop het Saskia en Xavier, wat albei verskeie medaljes by die Boland-kampioenskap verower het, ook albei deurgedring na die Wes-Kaap-kampioenskap, wat op 8 Maart in die Daljosafat-stadion plaasvind. Op die foto is van links Saskia la Douce, Xavier Sauls, Luchon Anderson en Carnen Williams.