Passiespel bou brûe

Onder leiding van Mariette van Velden van Wellington is ’n groep baie hard aan die oefen aan ’n interkulturele Passiespel wat op 13 Maart by die Wellington NG Moederkerk opgevoer sal word.


Onder leiding van Mariette van Velden van Wellington is ’n groep baie hard aan die oefen aan ’n interkulturele Passiespel wat op 13 Maart by die Wellington NG Moederkerk opgevoer sal word.

Die choreografie van die dansgroep word gedoen deur Jo-Anne Huizies van die Rejoice Dansskool. Van Velden beskryf die projek soos volg: “Ons is deel van hierdie land met sy baie tale, kulture en ideale. Ons is bewus van die onkunde, misverstande, wantroue en klowe wat daar dikwels tussen mense van verskillende kulturele agtergronde bestaan. Deur die Passiespel (inhoud en proses) probeer ons brûe bou tussen verskillende kulturele gemeenskappe in ons omgewing. Ons is daarvan oortuig dat die aanbied van ’n Passiespel deur individue en groepe uit verskillende kulturele agtergronde en gemeenskappe een manier is om sodanige brûe te bou.”

Die produksie is saamgestel uit uiteenlopende elemente wat onder meer kletsrym, ritmespel, danse, gedigte, koorsang en beligting insluit. Die voortdurende tweestryd tussen lig en duisternis word deur klank, beweging en beeld vertolk. Die stryd eindig triomfantelik, met die duisternis wat die lig nie kon – en steeds kan– oorweldig nie.

“Dit is ’n interkulturele, interkerklike produksie, wat ten doel het om die boodskap, dat die reënboog in en deur die lig na vore kom, uit te leef.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.