Terwyl hope inisiatiewe Kinder­beskermings­week in hul denke en dade opdra, kan ’n mens nie van die werklik­heid van vaderloosheid ontsnap nie.

Ja, vroue kan dinge doen net so goed soos mans, en hulle kan dalk sonder mans klaarkom, maar kinders benodig ’n stabiele huishouding met positiewe vroulike, en veral manlike rolle!

In my beskouing van die samelewing word mans nie eerbiedig soos die strong, independent, woman nie. Ons het Internasionale Vrouedag, en plaaslik Vrouemaand, boonop Moedersdag. Maar pa’s word slegs waardeer op ’n enkele Vadersdag in ’n jaar. SA se mans moet waardeer word om sodoende ’n gesonder vaderkultuur te wilvestig. Eerder die man met foute wat strewe om te verbeter danksy waardering, as dié wat alewig sleggesê word en verdwyn.


Tiekieleens,

wellington

You need to be Logged In to leave a comment.