Pas dit wat nie joune is nie met ekstra toewyding op. Dit word aan jou geleen, en daar word vertrou dat jy dit soos jou eie sal oppas, so dóén dan so.

Een goeie voorbeeld is huurhuise. Daar is baie mense wat huur, ek inkluis, en die huurmark groei jaarliks, maar die aantal mense wat hierdie huise verwaarloos styg óók elke jaar.

Sny maar die gras, moenie onnodig spykers in die mure hamer nie, rapporteer waterlekke onmiddellik, en moenie toelaat dat kinders op die mure teken nie. Hanteer die huis asof dit aan jou behoort, want is ek reg as ek sê dat jy nie graag in chaos wil lewe nie, en wil trots wees op jou besittings? Hê respek vir die goed waarvoor ’n mens hard werk.


Maya Adams,

Wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article