Drie verdagtes sal vanoggend (19 Junie) in die Paarl-landdroshof verskyn in verband met die moord op die 16-jarige Channelle Plaatjies van Smartie Town, Paarl-Oos.
Dit volg nadat Paarl Post voorheen berig het dat verskeie persone van belang vroeër deur die polisie ondervra is. Die verdagtes wat vanoggend in die hof verskyn is tussen die ouderdom van 27 en 37 jaar oud.
Channelle se liggaam is op Maandag 2 Junie in ‘n vlak graf agter die Allandale-gevangenis, in die gebied bekend as die Baseline, gevind. Dit is ook later deur DNS-toetse bevestig.
Die gru-vonds is gemaak deur Channelle se familie en gemeenskapslede tydens ‘n soekgeselskap.

*Hou Paarl Post se webwerf en Facebook-blad dop vir meer hieroor.
You must be logged in to post a comment.