Die Kaapse Wynlande is sekerlik tans midde-in die bedrywigste tyd van die jaar, en dit is parsseisoen. Tans is die paaie vol voertuie wat druiwe van druiweplase na wynkelders vervoer om in wyn omgeskep te word. Links is die span van Wilde Paardejacht teen die hange van die Dutoitskloofberg in die Paarl Vrydag druk besig om hul eerste druiwe, sauvignon blanc, te oes. South Africa Wine het onlangs met die eerste oesskatting vir die 2025-wyndruifoes laat blyk dat ’n verbetering op die vorige jaar se rekordlae opbrengs voorspel word. Vroeë voorspellings dui op ’n verwagte oes wat waarskynlik gelykstaande is aan die 2023-oes van 1 183 miljoen ton – die tweede kleinste oes in die afgelope twee dekades. Foto: Lise Beyers