’n Mens moet werklik dankbaar wees dat daar moeite gedoen word om die N1 op te knap.

Daardie mense werk dag en nag en ons is dankbaar daarvoor.

Ek wil egter net motoriste en sommer ook die kontrakteur daarop attent maak dat verskeie afritte verskriklik gevaarlik is weens die teerlae wat nie eweredig is nie.

Dit is veral gevaarlik op plekke soos New Eskdalestraat waar jy op die N1 moet klim. ’n Mens kan jou bande afskryf en jou voertuig lelik seermaak.

Ek dink dit is veral gevaarlik in die aand wanneer jy nie maklik daardie dik teerlaag kan sien nie.

Ek het ook die ander dag versigtig van die N1 na die R44 afgeklim, omdat daar ook ’n baie dik teerlaag is.

Ons sukkel al klaar met slaggate in baie van ons woonbuurte, dit kan darem nou nie ook die geval op ’n nasionale pad wees nie.

Die realiteit is dat niemand help om kostes te dek sou ’n mens jou voertuig in sulke situasies beskadig nie.

Weer eens, ek is dankbaar vir die werk wat aan die pad gedoen word.


J. Stoltz,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.