Wanneer verkeersbeamptes in hul hordes die verkeer in die Boulevard gereeld verontrief terwyl hulle op soek is na uitstaande verkeersboetes, baljaar die kamakazi-afleweraars op hul motorfietse oral.

Veral die Checkers- “60-minuut”- afleweringsmanne jaag soos duiwels deur ons strate – hulle stop nie eens by stopstrate nie. Nou die dag het een vanaf Houtstraat af reg voor my en aankomende verkeer ingejaag asof hy die enigste padgebruiker is. Toe jaag hy met volle vaart voort, heen-en-weer tussen die verkeer deur.

Vraag 1: Het hierdie ouens regtigwaar geldige rybewyse (let ook op, hulle is meestal buitelanders). Vraag 2: Hou verkeersbeamptes hul oë ooit oop vir sulke wettelose bestuurders? Vraag 3: Let die base van Shoprite/Checkers hierop, of is hulle net blind omdat dié kalante geld inbring; dit maak nie saak hoe nie? Vraag 4: Dit lyk soos ’n mafia-bende-spul ook – sake wat uitgekontrakteer word.


J. Hamman,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.