Paarlzicht Primêr se o.13-netbalspan het op 27 Julie teen die Laerskool Paarl Gimnasium gespeel in ’n wegwedstryd. Paarlzicht se meisies het die wedstryd met ’n telling van 8-6 gewen. Die meisies sien uit na die derbywedstryd teen Magnolia Primêr op 2 September. Agter van links is Dune Frans, Miche Bruiners, Lucinda du Plessis (afrigter en spanbestuurder), Ziona Isaacs en Jay-leigh Moses. Voor is Ghaafitha Mack, Chelsea Cloete, Cleo Alexander, Melandre Agenback en Willmonic Bernadus.