Young Standards pronk met al die span toekennings by die Paarlstreek se rugby-prysuitdeling wat in die Thusongsaal in die Paarl gehou is. Agter, van links, is Jessica Adams (Paarlstreek-rugbykode-komitee), Kevin Benjamin (sekretaris), Kyle Bailey (Jong Speler van die Jaar), Steven Arendse (tweedespanbestuurder), Levi Geldenhuys (jongspelerfinalis), Dencin Johannissen (beste voorryspeler, tweede span, uitklop-eindronde), Austin Arries (beste agterlynspeler), Winston Matthee (beste tweedespanafrigter) en Lee Scholtz (voorsitter). Voor is Peter-Juan Adams (tweedespankaptein in uitklopronde), Auldrin Adonis (waardevolste speler) en Clinton Philander (tweedespanligakaptein). Foto’s: Ernest Kilowan