Alle paaie lei Saterdag na die Dal Josafat-stadion waar 12 klubs aan die eerste Paarlstreek-7’s-toernooi met ’n prysgeld ter waarde van R10 000 gaan meeding.

Die twaalf spanne – Paarl Rangers, Young Gardens, Young Standards, Simondium, Paarl Rugbyklub, Vineyards, Laer-Paarl, Perel United, Riverstones, Young Peoples, Violets en Van der Stel-Evergreens – is in twee groepe van ses spanne verdeel:. Groep A: Laer-Paarl, Young Standards, Riverstones, Young Gardens, Young Peoples en Perel United.. Groep B: Simondium, Van der Stel-Evergreens, Paarl, Violets, Vineyards en Paarl-Rangers.

Die formaat is dat elke span vyf wedstryde in die uitspeelronde speel en vier punte vir ’n oorwinning verdien. Die spanne in elke groep wat vyfde en sesde eindig, speel in die bowl-, derde en vierde in die plaat- en eerste en tweede in die beker-kompetisie.

Die verloorders in laasgenoemde halfeindronde speel dan vir ’n derde en vierde plek.

Die prysuitdeling is van 17:45 tot 18:15 en sluit in die oorhandiging van bekers en medaljes aan die wenners van die bowl-, plaat- en beker-eindrondes. Die bekers is wisseltrofeë. Slegs die Speler van die Toernooi kan sy beker hou.

Die wedstryde begin om 10:00.. Bel Eugene Andries by 082 601 0287 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.