Die Paarlse swemmer Hildegarde Roux (van der Merwe) (MacClaren), is op 4 Maart op 77-jarige ouderdom ná ’n lang en tragiese siekte oorlede.

Sy was die dogter van Kosie en Alice Roux van die plaas Hartebeeskraal, Paarl-Suid, en ’n oud-leerder aan die Hoër Meisieskool Paarl.

Hildegarde was ’n bekende SA swemmer wat in die jare sestig op 14-jarige ouderdom ’n skitterende vertoning gelewer het toe sy die Australiese meisie Jan Hogan in die 220 m-borsslag in die Langstraat- swembad in Kaapstad geklop het.

Op 30-jarige ouderdom het sy haar eerste man, dr. Deon van Merwe, aan die dood afgestaan. Sy het kinders uit haar eerste huwelik – Dan van der Merwe (oorlede), Deone Leonard, Lessing Odendaal en Tjippie (Deon) van der Merwe.

Ná die dood van haar 19-jarige seun in ’n motorongeluk in 1990 het sy weer begin swem en in 1992 gekwalifiseer om Suid-Afrika by die Wêreld-kampioenskap in Indianapolis, Amerika, te verteenwoordig. Daar het sy ’n goue medalje in borsslag in die ouderdomsgroep 45-49 jaar gewen.

Hildegarde was baie gewild en sal altyd onthou word vir haar deurset­tingsvermoë, het haar suster Mari­anne van der Merwe, vertel.

You need to be Logged In to leave a comment.