Altesaam 11 leerders van Hoër Meisieskool Paarl is gekies vir die Boland-tweekampspan wat aan die SA tweekampkampioenskap in Port Elizabeth gaan deelneem. Dié kampioenskap word Saterdag 30 Maart gehou. Agter is Aninka Ferreira, Mieke Nel en Ilanka Combrink. Middel is Karlien Conradie, Abigail Kotze, Lara Botha, Erna-Mari Conradie en Eula Nel. Voor is Liya van den Heever, Helende Kemp en Mikayla Barnard.