Twee vroue van die Paarl het die uitmergelende Karoo Burn-fietswedren van 242 km gewen. Charlene Vernooy en Maureen Jordaan het die vroue-afdeling van die wedren op die berugte Tankwa Karoo-pad tussen Ceres en Calvinia verlede naweek gewen in ’n tyd van 14:08:43 in die saal. Die wedren het plaasgevind op die R355 in die Tankwa Karoo, een van Suid-Afrika se bekendste grondpaaie. Die wedren het op 25 Februarie begin by die Laerskool Calvinia, en geëindig by Kaleo-gasteplaas naby Elandsfontein. Charlene sê Karoo Burn vind plaas op die langste ononderbroke grondpad in Suid Afrika, en dis daar waar die wind gemaak word! “Dit was bitter tough om vir 120 km teen die wind te baklei, maar met spanwerk en bemoediging het ons deurgedruk. Op 180 km lê die berugte 13 km lange Katbakkiespas met sy 700 m-klim voor
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.