Op skool het hy nie altyd eerste gestaan op sport- en akademiese gebied nie, maar met die druk en motivering van opvoeders het
Nog ’n uitdaging wat op Pekeur se pad gekom het, was toe hy prof. M.A. Plaatjies van Huffel, een van sy studieleiers, in 2020 aan die dood afgestaan het.
“Sy was ’n merkwaardige studieleier en predikant. Sy was so goed vir my en saam met haar man, Dawid van Huffel, het ons baie tyd deurgebring. Dit was ’n groot skok en ek het nie geweet watter kant toe nie.
“Sy was klein, maar ek het opgekyk na haar. Sy is en bly my rolmodel en ek mis haar so baie.
“Ek het in dieselfde jaar ook my peetpa, Christie Hammerse, my pa, Andries Pekeur, en my groot vriend Donnie Koordom, verloor. My skoonpa is vier maande ná my pa oorlede.
“Alles was net deurmekaar toe gebeur iets onverwags. Ek het brandwonde aan my regterhand, been, maag en voet opgedoen en dokters het gevrees ek sou dalk nie meer my hand kon gebruik nie.”
Paarl Post het in April 2022 berig oor Pekeur en sy vrou wat in Maart daardie jaar saam met vriende in Stellenbosch potjiekos gemaak toe die fratsongeluk gebeur het.
Sy broer, Jacques Pekeur, het verduidelik dat die groep kos in klein potjiekospotjies gemaak het en dat die brandstof-jel wat onder sy broer se potjie was, op was.
Een van die vriende wou die houer weer vul toe van die brandstof-jel op sy broer gespat het.
Die vlamme het egter saam met die jel gespring en sy broer se klere aan die brand laat slaan.
Pekeur se vrou, Carlene, het haar man probeer help deur die brandende klere van sy lyf af te probeer kry.
Hy is ná die voorval na die Mediclinic Stellenbosch geneem waar hy steeds behandeling ontvang. Hy het erge brandwonde aan sy regterhand en -arm sowel as aan sy maag, regterboud en linkervoet opgedoen.
LEES OOK: Brandstof-jel gevaar
Hy vertel hoe “die Here weer eens deurgekom het en ek heeltemal herstel het”.
Die uitdagings het nie by die brandwonde gestop nie.
Voordat Pekeur sy tesis moet “verdedig”, is kanker by Elizabeth Pekeur, sy ma, gediagnoseer en was sy vir ’n tyd baie siek.
“Vandag het Mamma saam met my graad gevang. Ek het baie om voor dankbaar te wees in my besonderse vrou, Carlene Pekeur, my kinders Chadley Kurtley, Noah en Jody. Julle is my rots en julle het baie verduur.
“Dankie vir almal se gebede, ondersteuning en wat julle vir my beteken.”
Pekeur het ook sy dankbaarheid uitgespreek aan dr. Sipho Mahokoto, ’n senior lektor aan die US, wat sy hand tot aan die einde vasgehou het.
Pekeur sê hy het klaar- gemaak met die droom vir elke kind wat op die plaas bly en grootword, vir elke kind wat die bendegeweld en dwelms moet trotseer. “Ek is nou dr. André Herman Pekeur en as ek dit kan doen dan kan enigeen dit doen.”