Die Paarliet Daniël Lötter is eersdaags aan die woord by die volgende byeenkoms van die Breytenbach-boekklub in Wellington.

Lötter sal oor sy nuutste boek, Dwars – Rare karakters onder ons, gesels. Dié boek het die afgelope tyd goeie resensies in die media ontvang.

Die praatjie word Woensdag 14 September om 19:00 by die Bôrdinghuis-teater by die Breytenbach-sentrum in Wellington gehou.

Hy het die afgelope paar jaar bekendheid verwerf as ’n bobaasverteller van ware Suid-Afrikaanse verhale met boeke soos 17 maal moord en Ware spookverhale van Suid-Afrika.

Die publiek is welkom om dit by te woon. Die koste beloop R50 en sluit verversings in.

Vir besprekings, kontak Jessica by 021 873 2786.

You need to be Logged In to leave a comment.