Die Drakensteinse radiostasie PaarlFM het onlangs sy jaarlikse sanitêredoekie-insameling gehou om doekies aan minderbevoorregte skoolmeisies te voorsien. Lynden Jafta van PaarlFM (regs) het gesê duisende skoolgaande meisies verloor waardevolle skooltyd omdat hulle by die huis bly aangesien hulle nie sanitêre doekies kan bekostig nie. Links oorhandig Jafta van die produkte aan Graham Cupido van Wellington School of Skills. Jafta het almal bedank wat tot die skenkings bygedra het. Meer as 1 500 pakkies doekies is hierdeur ingesamel.Foto: