Die Paarl-Noord-buurtwag sal 12 Oktober vir Ian Cameron van Action Society as gasspreker verwelkom saam die gemeenskap om Noorder-Paarl weer veilig en vooruitstrewend te maak.
Cameron sal belangrike elemente van gemeenskapsveiligheid bespreek, soos die impak van ’n buurtwag wanneer die hele gemeenskap betrokke raak. Hy gaan ook sy kennis en ervaring met buurt-en-plaaswagte wat hy onder Afriforum bestuur het, deel sowel as voorstelle en idees vir buurtwag-projekte gee.
Cameron het sowat ’n jaar self in Noorder-Paarl gewoon, en die Paarl-Noord-buurtwag glo hy sal ’n aanwins tot die gemeenskap se beveiliging wees.
Die vergadering sal om 18:30 by die Paarlberg-kerksaal (NG Kerk Paarlberg) in die Hoofstraat.


