Die Paarl-Wes-gemeenskaps­polisieforum (GPF) nooi alle plaaslike inwoners en sake-eienaars om ’n openbare vergadering op 31 Augustus by te woon.

Die vergadering sal volgende Woensdag om 18:30 by die WA Joubert Primêre Skool gehou word waar beter toegang tot die perseel in Sterlingstraat sal wees.

  • Die vergadering se agenda han­del oor verslae oor misdaad soos saamgestel deur Paarl-polisie en plaaslike buurtwagte. Mense wat dit graag wil bywoon, kan hul bywoning via e-pos by paarlwestcpf@lantic.net bespreek of bel kapt. Louise du Plessis by 082 850 9614 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article