Die vrou wat tydens ‘n plaasaanval in die kop geskiet is, word hier deur paramedici vervoer.

Drankenstein Farm Watch

‘n Vrou van die Paarl het wonderbaarlik ‘n skietwond in die
kop oorleef tydens ‘n plaasaanval.

Die voorval het vanoggend (25 Februarie) omstreeks 09:00 op
die plaas Vergesigcht oorkant Boschenmeer plaasgevind.

Volgens inligting het vier mans in ‘n wit bakkie by die
plaas aangekom. Hulle het by die plaashuis aangeklop en is deur ‘n bejaarde
vrou begroet wie op die plaas woon. Die mans het die boer gesoek en voorgegee
dat hulle skape wou koop. Hierna het hulle die vrou oorrompel en haar binne die
huis ingedwing. Hulle het op vuurwapens en geld aangedring.

Die vrou het haar
teëgesit, waartydens ‘n jong verdagte ‘n skoot met ‘n rewolwer afgevuur het. Die vrou is in die kop getref en die verdagtes het gevlug,
slegs met haar selfoon.

Die eienaar van die plaas, Jan van der Merwe, wie tans besig
is om te oes, het kort hierna op die gewonde vrou afgekom en het die
Drakenstein-plaaswag (DFW), waarvan hy ook ‘n lid is, verwittig. Hulle was baie vinnig op die toneel en
een van hul medici het noodhulp op die gewonde vrou toegepas terwyl daar gewag
is vir die nooddienste.

Daan van Leeuwen Boomkamp van die DFW wat op die toneel was,
het gesê dat die vrou met hul aankoms haar bewussyn herwin het en kom met hulle
die gebeure kommunikeer.

‘n Reuse soektog is geloods na die verdagtes, maar niemand
is tans nog in hegtenis geneem nie.

You need to be Logged In to leave a comment.