Michelle Pietersen (58) is tragies dood toe haar voertuig met ‘n klip gegooi is.


Michelle Pietersen (58) is tragies dood toe haar v

Michelle Pietersen (58) is tragies dood toe haar voertuig met ‘n klip gegooi is.

’n Paarlse onderwyseres is vanoggend tragies op die N1 dood nadat iemand ’n rots na die voertuig waarin sy was gegooi het.

Die oorledene Michelle Pietersen (58) en haar man, Anton, het vanoggend omstreeks 02:00 in die rigting Paarl gery toe hul voertuig naby Simonsvlei geteiken is.

Anton het vertel die reuseklip het reguit op Michelle se gesig afgepyl en sy is byna op slag dood.

Hy het nie gestop nie maar eerder reguit MediClinic Paarl toe gejaag waar sy in die kar dood is.

Haar man sê sy was vir 36 jaar in die onderwys.

Die New Orleans Sekondêre skool in die Paarl, waar sy gewerk het, het vroeg vanoggend haar dood op hul Facebook-blad aangekondig. 

“Dit is vir ons as New Orleans-familie so ’n hartseer dag om u in te lig oor die heengaan van ’n geliefde vriendin, kollega en geliefde onderwyser… Sy en haar man was op pad huis toe vanuit Kaapstad toe die ongeluk gebeur het. Dit is so ’n tragiese en onnodige gewelddadige daad. Ons gebede is met haar man, haar kinders en kleinkinders sowel as die uitgebreide familie,” lui die inskrywing. 

Koop die volgende uitgawe van die Paarl Post vir meer oor die tragiese ongeluk. 

You need to be Logged In to leave a comment.