Drakenstein taxibestuurders het Maandag in opstand gekom oor die aangaande taxigeweld in die gebied.

Lise Beyers


maande van taxigeweld in Paarl en Mbekweni, wat reeds gelei het tot talle sterftes, het Drakenstein taxi-eienaars en -bestuurders Maandag in opstand gekom.

Sowat 40 minibustaxi’s het die hoofroete van die Paarl, die Bergrivier Boulevard totaal en al geblokkeer voor die verkeersdepartement.

Drakenstein taxibestuurders het Maandag in opstand

Drakenstein taxibestuurders het Maandag in opstand gekom oor die aangaande taxigeweld in die gebied.

Sedert die einde van verlede jaar het daar ten minste 16 taxigeweld-verwante sterftes in die Drakenstein-omgewing voorgekom in die konflik tussen die Cata- en Codeta-taxiverenigings. 

Paarl Post verneem die konflik gaan oor territoriale mag en die plaaslike taxiverenings eis nou vanaf die owerhede om self in te klim en te keer dat taxi-operateurs vanaf buite die Drakenstein-gebied hier kom sake doen. 

Elders in SA

Intussen het die taxivereniging Santaco gesê dat taxi’s vanaf vandag oor die land heen met volle kapasiteit sal begin werk, ondanks die wet wat vereis dat taxi’s slegs teen 70% kapasiteit mense vervoer. As voertuie daaroor ingeperk word, sal hulle gereed maak vir nog ‘n taxistaking, het Santaco gewaarsku. 

Die groep het ook die voorwaardes verbonde aan die hulpfonds van R1 miljard vir die bedryf, wat vereis dat begunstigdes as ‘n onderneming geregistreer is, verwerp.

Minister van vervoer, Fikile Mbalula, het intussen die taxi-liggame versoek om nie die wet te oortree nie, en om die impak van hul optrede op die verspreiding van die virus te oorweeg. 

You need to be Logged In to leave a comment.