Een van die hoogtepunte van die jaar vir Paarl 44 Tafelronde is die jaarlikse inwydingsaandete waartydens nuwe lede en dies meer verkies word. Rigardt Esterhuizen is onlangs as die 68ste voorsitter van Paarl 44 ingehuldig. Dit is by die pragtige Ashanti-landgoed gehou en almal het deftig gelyk. Dit was ’n baie suksesvolle aand, maar hulle moes twee van hul lede groet as gevolg van die ouderdomsreël, naamlik Wilhelm Buhr en Jan de Lange. Die bekroonde “Tafelaar van die jaar”-toekenning het gegaan aan Francois “Fifi” Fourie. Van die aand se spesiale gaste was die eienares van VDM-oogkundiges wat hande vat met die Tafelronde se Spectacular-projek, waar hulle brille aan behoeftige mense voorsien. Van links is Jason Hopgood, Rubert Schoeman, De Wet du Plessis, Kyle Vertenten, Donovan Ackermann, Michael de Winnaar, Stephen van Niekerk, Francois Fourie en Rigardt Esterhuizen.


Paarl Tafelronde vergader

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article