’n Boelie voorval het Dinsdagmiddag (18 Februarie) na bewering een te veel geraak vir ’n leerder van ’n Paarlse hoërskool wat glo geboelie word en in ’n onderonsie ontaard het.
Volgens kapt Basil Seekoei, woordvoerder vir die Paarl-Oos-polisie, het die onderonsie ’n weldadige wending geneem toe die 17-jarige, wat glo geboelie word, ’n 19-jarige seun met ’n skerp voorwerp gesteek het.
Seekoei die 19-jarige seun is in die bolyf gesteek en is na ’n nabye hospitaal geneem vir mediese behandeling.
“Lede van die Paarl-Oos-polisie se sigbare polisiëringeenheid het ’n geraamtedossier vir ’n saak van poging tot moord oopgemaak. Geen arrestasie is tot dusver gemaak nie.”
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) maak gereeld sy stem dik teen boelie gedrag onder leerders wanneer dit kop uitsteek. Dus het die departement verskeie hulpbronne beskikbaar vir diegene wat geboelie word. Slagoffer van boelie gedrag word aangeraai om die WKOD se Veilige Skole (Safe Schools) se tolvrye nommer te skakel by 0800 45 46 47 waar hulp geredelik beskikbaar is.